Answers are grounded in this paper and cite their sources.
Hierdie artikel behandel die verwerwing van klemtoonsisteme in tweede tale. Om bespreek data van Swart Suid-Apikaanse Engels, wat verky is in 'n eksperiment waaraan 50 moedertaalsprekers van Setswana deelgeneem het. Die Principle and Parameter-teorie word as raamwerk gebruik, meer in die besonder die Metriese Fonologie, wat die terrein van die klemsisteme van natuurlike menslike tale bestudeer. Eerstetaalverwenving is binne hierdie raamwerk die verwenving van volledige versameling parameterinstellings (‘settings’?. Normaalweg is sodanige proses volkome geslaagd. In beginsel word tweedetaalverwerwing gesien as die versameling van sulke instellings naas die' van die eerste taal. Dit geskied meestal op 'n meer gevorderde leefid. Hierdie proses is in die literatuur bekend as parameter-herinstelling (“resetting”). Die doe1 van hierdie artikel is om die voorspellings van hierdie raamwerk aan die hand van empiriese data van werklike tweedetaalverwerwing te toets. Ons toon aan hoe vroeere resultate van Pater se studie van Quebec-Engels in terme van Dresher en Kaye se parametiese leerteorie van metriese sisteme geherinterpreteer kan word as baie klein en beperkte stappies op 'n aanleerderspad. Die belang van die Setswana-geval li opgesluit in die feit dat dit 'n (non-klemtoon-) toontaat is, sodat daar vir hierdie taal as moedertaal geen parameterinstellings gemaak is nie. Tog toon ons aan dat minstens sommige van die deelnemers aan die eksperiment een, of moontlik selfs enkele, tree geneem het op hierdie leerderspad. Dit word ten slotte duidelik dat hierdie group tweedetaalsprekers van Engels se resultate soortgelyk is aan die' van die Franssprekende gebruikers van Engels.
No takes yet. Share an insight, caveat, or question.
Pas et al. (2000) studied this question.
Synapse has enriched 5 related papers. Consider them for comparative context: