Die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike is 'n kernkomponent van Suid-Afrika se plurale regsbestel. Bykomstig tot die huwelike deur die Wet geskep, is daar egter ook ander, huwelike, wat as "aanvullende" huwelike beskryf sou kon word. Hierdie huwelike val uiteen in verskeie kategorie, nl. 'n huwelik gesluit tussen twee vroue om die baar van kinders vir 'n betrokke lapa, huis of kraal te bewerkstellig; sororate huwelike; leviraatshuwelike; en, laastens, ukungena. In hierdie artikel word elk van bogenoemde bespreek en word daar, kortliks, ondersoek ingestel na die vraag of hierdie huwelik as sodanig erken kan word binne die bestek van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike en die Handves van Regte.
No takes yet. Share an insight, caveat, or question.
JC Bekker (2017) studied this question.