Experiments were conducted to determine changes occurring during early growth of Avicennia marina (Forssk.) Vierh. seedlings after shedding of the pericarp. Treatments included growth in the field and in growth cabinets at 21° and 25 °C; and in a second experiment in growth cabinets at 17° and 23 °C. Cotyledons showed a decrease in dry mass, and the hypocotyl and epicotyl increased in length initially before reaching a constant length. Growth rates of the shoot showed significant differences: 17 °C < field conditions < 21 °C = 23 °C < 25 °C. Inability to recover the entire root systems of seedlings in the field prevented meaningful comparisons of these organs. In terms of total dry mass, seedlings at 25 °C showed a slow initial increase, while those in the field and at 17 °C suffered a decrease. Analysis of cotyledonary material indicated that there was an initial rapid decrease in TNC (total non-structural carbohydrates) and lipid contents to a constant low level. The mass of TNC in the cotyledons indicated that this was a more important reserve material than lipids. Protein contents of the cotyledons showed a pattern of decrease which was similar to that of the dry mass of the cotyledons. The role of the cotyledons in early growth, during which seedlings are extremely vulnerable, is discussed. Eksperimente is uitgevoer om veranderinge gedurende die vroeë groeistadiums van Avicennia marina (Forssk.) Vierh.-saailinge, nadat die pericarp afgewerp is, te bepaal. Behandelings is uitgevoer in die veld en in groeikabinette teen 21° en 25 °C; en in ’n tweede eksperiment in groeikabinette teen 17° en 23 °C. Die saadlobbe het ’n afname in droë massa getoon en die hipokotiel en epikotiel het aanvanklik in lengte toegeneem voordat ’n konstante lengte bereik is. Groeitempo’s van die stingel het betekenisvolle verskille getoon: 17 °C < veldtoestande < 21 °C = 23 °C < 25 °C. Onvermoë om die hele wortelstelsel van die saailinge in die veld te herwin het verhinder dat betekenisvolle vergelykings van hierdie organe gemaak kon word. Wat die totale droë massa betref, het saailinge wat by 25 °C gekweek is aanvanklik ’n stadige toename getoon, terwyl dié wat in die veld en by 17 °C gekweek is, ’n afname getoon het. ’n Analise van die saadlobmateriaal het aangetoon dat daar aanvanklik ’n drastiese vermindering in TNC (totale nie-strukturele koolhidrate) en lipiedinhoud plaasgevind het wat later op ’n laer vlak konstant gebly het. Die hoeveelheid TNC in die saadlobbe het aangetoon dat dit ’n belangriker reserwe stof as lipiede is. Die proteïeninhoud van die saadlobbe het ’n afnamepatroon getoon wat soortgelyk was aan dié van die droë massa van die saadlobbe. Die rol van die saadlobbe gedurende vroeë groei, wanneer die kiemplante besonder kwesbaar is, word bespreek.
No takes yet. Share an insight, caveat, or question.
Steinke et al. (1987) studied this question.
Synapse has enriched 4 closely related papers on similar clinical questions. Consider them for comparative context: