In hierdie navorsingsprojek word gepoog om vas te stel wat die houdings van Oos-Kapenaars is teenoor die drie hooftale van die streek, Engels, Afrikaans en Xhosa. Die vermommingstegniek (‘matched-guise technique’) is gebruik ten einde te probeer vasstel watter onbewuste affektiewe en stereotipiese houdings sprekers van die bogenoemde drie tale het, asook die aksente wat daarmee geassosieer word. Deur middel van 'n kort vraelys is die bewuste opinies van die sprekers bepaal. Die bevindinge van die resultate word in detail bespreek; asook metodologiese probleme wat gedurende die navorsingsprojek ervaar is en faktore (taalhoudings, aksent, stereotiepes) wat tot die bestaande persepsies (soos uit die studie blyk) kon aanleiding gee.
No takes yet. Share an insight, caveat, or question.
Klerk et al. (1994) studied this question.
Synapse has enriched 4 closely related papers on similar clinical questions. Consider them for comparative context: