Uittreksel Evapotranspirasie in drie plantgemeenskappe van ‘n R. trichotomum habitat, naamlik, suiwer gras, suiwer R. trichotomum en ‘n gemengde stand van R. trichotomum en gras is gedurende die 1985–86 groeiseisoen bestudeer. Drie persele van elke plantgemeenskap is hidrologies geisoleer, besproei en die grondwaterinhoud is oor tyd met ‘n neutronvogmeter gemeet. Evapotranspirasie is met behulp van die grond water balansvergelyking bereken. Die grasgemeenskap het gedurende die groeiseisoen deurgaans meer water verbruik as die R. trichotomum gemeenskap. Die waterverbruik van ‘n digte stand R. trichotomum is wel hoog genoeg om die vestiging van grasse onder normale reënvaltoe‐stande feitlik onmoontlik te maak. Die onderdrukkende effek van R. trichotomum op grasproduksie, asook van ‘n digte grasstand op die groei van R. trichotomum word bespreek.
No takes yet. Share an insight, caveat, or question.
Moore et al. (1988) studied this question.
Synapse has enriched 5 related papers. Consider them for comparative context:
More from Journal of the Grassland Society of Southern Africa