In die westelike-Hoëveld waar reënval die mees beperkende hulpbron is, is lae plantpopulasie en wye rye erkende produksiepraktyke vir mielies. Die praktyke verskil beduidend van die praktyke waaronder CERES- Maize ontwikkel is. Ten einde CERES-Maize te evalueer ten opsigte van die produksiepraktyke, is PAN473 teen 'n plantpopulasie van 1.5 plante m−2 vir ses rywydtes (0.8; 1.0; 1.5; 2.0; 2.5; 3.0 m) aangeplant. Die berekening van die uitdowingskoëffisient blyk ontoereikend te wees, 'n Nuwe funksie is ontwikkel om die berekening te verbeter. Die onvermoë van CERES-Maize om meerkoppigheid te simuleer plaas 'n beperking op die toe- passingsvermoë van die model in die Streek. CERES-Maize is aangepas om vir meerkoppigheid voorsiening te maak. Die veranderings het die D-indeks verhoog van 0.63 na 0.95 en die model dus meer toepaslik gemaak vir die klimaatstreek. 'n Meganistiese benadering tot kompenserende groei en die verspreiding van droë- materiaal onder verskillende verbouingspraktyke, behoort verder aandag te kry.
No takes yet. Share an insight, caveat, or question.
Toit et al. (1994) studied this question.
Synapse has enriched 5 related papers. Consider them for comparative context:
More from South African Journal of Plant and Soil