Culture studies have been carried out on a local population of the agar-producing red seaweed Gracilaria verrucosa to ascertain the optimum range of environmental factors for growth, with a view to potential mariculture. The plants grew well at 15 – 25°C, poorly at cooler temperatures, and did not survive 30°C. Despite little salinity variation in the natural habitat, the population was shown to be euryhaline, with reasonable growth from 9 to 45‰ salinity, although plants grew maximally around the salinity of full seawater. An irradiance of 80 μmol m− 2 s− 1 was sufficient for maximal growth, and growth was not severely reduced at 850 μmol m− 2 s− 1 (the highest experimental irradiance). Agar content was 32 – 34% of the dry weight, and this level was not significantly affected by 4 weeks’ growth at various temperatures. Kultuurstudies is uitgevoer op ’n inheemse populasie van die agar-produserende rooi seewier Gracilaria verrucosa om die optimale bereik te bepaal van omgewingsfaktore wat die groei beïnvloed, met die oog op moontlike marikultuur. Plante groei goed tussen 15 en 25°C, swak by laer temperature, en hulle oorleef nie 30°C nie. Ondanks min skommelinge in die soutgehalte van die natuurlike omgewing, blyk die populasie eurihalien te wees, met ’n redelike groei tussen 9 en 45‰ soutgehalte, alhoewel plante maksimaal gegroei het by ’n soutgehalte rondom dié van normale seewater. ’n Beligting van 80 μmol m− 2 s− 1 is voldoende om optimale groei te bewerkstellig, terwyl groei nie ernstig afgeneem het by 250 μmol m− 2 s− 1 (die hoogste eksperimenteel toegepaste beligting) nie. Die agargehalte bedra 32 – 34% van die droë gewig, en hierdie waarde is nie beduidend beïnvloed deur vier weke se groei by verskillende temperature nie.
No takes yet. Share an insight, caveat, or question.
Engledow et al. (1992) studied this question.
Synapse has enriched 5 closely related papers on similar clinical questions. Consider them for comparative context: