OPSOMMINGDaar was die afgelope dekade 'n beduidende toename in die vraag na organies geproduseerde voedsel.Tog is die markaandeel wêreldwyd steeds minder as 3% van voedselkleinhandelwaarde.Hierdie navorsing fokus op verbruikersoortuiginge van organies geproduseerde voedsel en organiese boerdery, sowel as die aankooppraktyke van sodanige produkte.'n Vraelys is deur kliënte van vier Kaapstadse takke van 'n kleinhandel-kettinggroep voltooi.Op grond van die inligting ingewin, is aanbevelings aan 'n kleinhandel-kettingroep oor die bemarking van organies geproduseerde voedsel gedoen.Huidige literatuur wys daarop dat verbruikers spesifieke oortuiginge rakende die intrinsieke kenmerke (bv voedingswaarde, gifstofreste) van organies geproduseerde voedsel en aangaande organiese boerdery (bv omgewingsbeskerming, dierewelsyn) het.Die resultate van hierdie studie toon ooreenstemming met internasionale bevindinge.Ten opsigte van aankooppraktyke is vasgestel dat persone ouer as 36 wat Engels as huistaal en 'n hoër vlak van opvoeding het, aangedui het dat hulle meer dikwels hierdie produkte koop.Frekwensie van aankope word verder beïnvloed deur prys en beskikbaarheid van produkte.Aanbevelings aan die kleinhandelgroep sluit onder meer in dat die pryspremie tussen 10% en 20% moet bly en dat organies geproduseerde produkte duidelik onderskeibaar en aanloklik aangebied moet word.Oortuigende bemarkingstategieë is nodig indien die kleinhandelfirma 'n groter markaandeel ten opsigte van organies geproduseerde voedsel wil bereik.
No takes yet. Share an insight, caveat, or question.
Toit et al. (2010) studied this question.
Synapse has enriched 3 closely related papers on similar clinical questions. Consider them for comparative context: