‘n Groot deel van die literatuur wat oor voedseltuine [food-gardens] handel, beweer dat daar ‘n noue verwantskap tussen groenteproduksie en voeding bestaan. Op grond van ‘n kort literatuurbeskouing en ‘n beoordeling van drie gevallestudies, word die bogenoemde verwantskap bevraagteken. Die eerste gevallestudie, wat beweer het dat daar ‘n beduidende verwantskap tussen stedelike landbou en huishoudelike voeding bestaan, is as analities swak beskou. Spesifieke swakhede sluit die volgende in: die grootte en die samestelling van die steekproef, die hoë waarskynlikheid dat eksterne faktore die bevindinge beïnvloed het en die swak formulering van die verbande tussen voeding en groenteverbruik. In die bespreking van die tweede gevallestudie word die geldigheid van die positiewe beskouings (uitgespreek deur die betrokke kwekers) oor die rol van groente in ‘n gesonde dieet bevraagteken. Groenteverbruik was onreëlmatig en die gemiddelde groenteverbruiksvlakke laag. Die bevindinge van die derde gevallestudie het aangedui dat daar onbeduiende verskille is tussen die voedingstatus van kinders van groentekwekers en diegene wat nie groente kweek nie. Die hoof bydraende faktor tot hierdie bevinding was die lae groenteverbruik van albei groepe. Die doel van hierdie artikel is nie om die moontlike rol van groentekwekery by die verbetering van voedingstatus te minimaliseer nie. Dit dring eerder daarop aan dat hierdie rol duidelik vasgestel moet word.
No takes yet. Share an insight, caveat, or question.
NL Webb (2010) studied this question.
Synapse has enriched 2 closely related papers on similar clinical questions. Consider them for comparative context: