UlttrekselDoelIn die studie waarop hierdie artikel gebaseer is, is die toepaslikheid van pasiëntbesoeke aan 'n noodgevalle-eenheid onder-soek.MetodeDie beskrywende studie het 2 968 pasiëntkaarte van die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein se noodgevalle-een- heid gedurende 2003 ingesluit. Pasiëntinligting is volgens voorafbepaalde kriteria geëvalueer om sodoende die besoek as toepaslik te beskou of nie.ResultateDie ouderdomme van pasiënte het gewissel van 0 tot 97 jaar (mediaan 29 jaar) en 50.8% was vroulik. Informele nedersettings het 26.4% van die pasiënte se woonbuurte uitgemaak. Die algemeenste chroniese toestand was hipertensie (7.9%). Slegs 8.4% van die pasiënte het reeds medikasie vir hulle presenterende toestand gebruik. Die meeste pasiënte het na-uurs aangemeld (72.4%) met 36.6% wat oor 'n naweek gepresenteer het. Die totale aantal beserings het 22.9% uitgemaak en 75.6% is vir 'n mediese of chirurgiese probleem ondersoek. Die kriterium met die meeste besoeke was die kategorie vir trauma (21.8%). Die kriterium met die minste pasiënte (0.3%) was die kriterium vir betekenisvolle bloeding. Volgens die resultate kan meer as 'n derde (35.4%; 95% VI 33.7%; 37.2%) van die pasiënte se besoeke as ontoepaslik beskou word.GevolgtrekkingDie noodgevalle-eenheid word ontoepaslik gebruik.
No takes yet. Share an insight, caveat, or question.
Roux et al. (2007) studied this question.
Synapse has enriched 4 closely related papers on similar clinical questions. Consider them for comparative context: