Seed inputs to the soil, pre- and post-fire non-dormant soil-stored seed reserves and seedling population densities were compared in one serotinous and four non-serotinous species. In all non-serotinous species, estimated numbers of viable seeds per unit area released annually to the soil generally exceeded by several orders of magnitude recorded seedling population densities following an ensuing late spring wild fire. Similar patterns were evident where estimates of annual viable seed inputs to the soil were compared with measured non-dormant soil-stored seed reserves. The latter increased up to 10-fold in soils after fire. In serotinous Protea repens, correction of measured fire-induced seed input for an observed 72.5% reduction in seed viability in cones during fire resulted in an estimated viable seed input similar to this species’s recorded postfire seedling population density. Data suggest that dormant seed reserves do not accumulate in fynbos soils between fires. This may explain localized species population extinctions and sensitivity of fynbos to disturbance. Saadtoevoer tot die grond, nie-rustende grondgebergde saadreserwes voor en na die voorkoms van vuur, en die bevolkingsdigthede van saailinge is in een saadhoudende en vier nie-saadhoudende spesies vergelyk. In alle nie-saadhoudende spesies was die beraamde getalle van lewenskragtige saad per oppervlakeenheid wat jaarliks tot die grond vrygestel is, in die algemeen verskeie ordes groter as aangetekende saailingbevolkingsdigthede na ’n daaropvolgende brand gedurende die laat lente. Soortgelyke patrone is gevind waar beramings van jaarlikse lewenskragtige saadtoevoer tot die grond vergelyk is met afgemete nie-rustende grondgebergde saadreserwes. Die laasgenoemde het tot tienvoud vermeerder in die grond na ’n brand. Die afgemete brandgeïnduseerde toevoer van lewenskragtige saad deur die saadhoudende Protea repens (na regstelling vir ’n daling van 72.5% in lewenskragtige saad in die saadkeëls tydens ’n brand) het uitgewerk tot ’n beraamde lewenskragtige saadtoevoer vergelykbaar met die spesies se saailingbevolkingsdigtheid na die vuur. Die gegewens dui daarop dat rustende saadreserwes nie in fynbosgrond opgegaar word nie. Dit dui dalk ook op redes waarom daar in sekere spesies gelokaliseerde uitsterwing is, en waarom fynbos so gevoelig vir enige steurings is.
No takes yet. Share an insight, caveat, or question.
C.F. Musil (1991) studied this question.
Synapse has enriched 5 closely related papers on similar clinical questions. Consider them for comparative context: